Die Noembie in Kabouterland

Koning Egbert van Appeldoring is vreeslik ontsteld. Die Noembie is besig om al die tuine in Blommeland te verwoes. Binnekort sal daar geen kos meer oor wees vir al die kabouters nie. Servasie en die liefste Heksie gaan wag hou by die paleis tuine om te sien of hulle die Noembie kan vang. Min weet hulle dat Rissie en Pampoenpit hulle dop hou. Sal die liefste Heksie en haar uil Hootie kan wakker bly om die Noembie te vang ? Jy sal maar moet kom kyk as jy wil weet wie sit agter die verwoesting van Kabouterland se tuine. Vermaak vir die hele gesin. Die vertoning is 40 minute lank en kos R2 500.